Isaiah 22:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die las van die dal van die gesig. Wat is dit nou met jou dat jy heeltemal op die dakke geklim het? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die uitspraak van die Here aangaande die plek waar visioene gesien word: Wat gaan aan? Hoekom hardloop almal na die dakke toe? |
| Afrikaans 1933/1953 | Godspraak oor die dal van die gesig. Wat is dit dan met jou dat jy, jou hele bevolking, op die dakke geklim het, |
| Afrikaans 1983 | [1-2] 'n Uitspraak van die Here teen die plek waar visioene gesien word: Stad wat altyd vol rumoer was, wat altyd uitbundig en uitgelate feesgevier het, stad waar dié wat gesneuwel het, nie deur die swaard geval het nie, nie in 'n oorlog omgekom het nie, waarom het jou mense nou almal op die dakke van die huise geklim? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Profesie oor die Dal van Visioene. Wat is dit dan met jou, dat al jou mense op die dakke klim, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here is kwaad. Hy het gepraat teen die vallei waar Hy vir die profete gewys het wat sal gebeur. Hoekom het al jou mense nou op die huise se dakke geklim? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [1-2] Hierdie is ’n aankondiging wat genoem word: “Die Vallei van die Visioen.” Wat gaan aan? Wat doen julle almal op julle huise se dakke? Hoekom is die hele stad Jerusalem opgewonde en luidrugtig besig om fees te vier? Julle soldate lê dood in die strate, nie omdat hulle geveg het nie, maar omdat hulle dood is van die honger en van al die siektes in die stad. |