Isaiah 21:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En kyk, hier kom 'n wa van manne, met 'n paar ruiters. En hy antwoord en sê: Geval, geval het Babel; en al die gesnede beelde van haar gode het hy op die grond gebreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En nou, uiteindelik, kom die strydwaens en soldate.” Die wag het toe gesê: “Babilon het geval! Al die afgode van Babilon lê stukkend op die grond!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En kyk, daar kom 'n stoet manne, ruiters twee aan twee. Toe het hy aangehef en gesê: Geval, geval het Babel, en hulle het al die gesnede beelde van sy gode verbrysel teen die grond. |
| Afrikaans 1983 | Daar kom 'n man op 'n strydwa, 'n strydwa met perde. Hy hou aan roep: Geval, geval het Babel, al sy afgodsbeelde lê stukkend op die grond!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk daar! 'n Man op 'n strydwa met 'n span perde is op pad!” Hy begin toe praat en sê: “Geval, geval het Babel, en al die beelde van sy gode lê stukkend op die grond! ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sien daar kom 'n oorlogkar met perde, en daar is mense op die oorlogkar.” Toe die wag weer praat, het hy gesê: “Die mure van Babel het omgeval! Al die afgodsbeelde van die stad lê stukkend op die grond.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kyk, uiteindelik kom daar strydwaens en perderuiters aangery. Skielik skree iemand: Babel het geval, en al die afgode van Babel lê in stukkies op die grond!” |