Isaiah 21:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het uitgeroep: 'n Leeu: My heer, ek staan gedurigdeur bedags op die wagtoring, en ek is die hele nagte in my wagplek.
Afrikaans (NLV) 2011 Die wag het uitgeroep: “Dag na dag het ek op die wagtoring gestaan, Meneer. Nag na nag het ek op my pos gebly.
Afrikaans 1933/1953 En hy het geroep soos 'n leeu. Op die wagtoring, Here, staan ek gedurig by dag, en op my wagpos stel ek my al die nagte.
Afrikaans 1983 Die wag het uitgeroep: “Meneer, ek het die hele dag deur wag gestaan, ek het die hele nag op my pos gebly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die een wat op die uitkyk was, roep toe: “Op my uitkykpos, my Heer, staan ek heeldag lank, op my wagpos neem ek stelling in, nag vir nag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die wag het gesê: “Meneer, ek het die hele dag en die hele nag gekyk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het die wag uitgeroep: “Meneer, ek het dag en nag op my pos in die wagtoring gebly.