Isaiah 21:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Berei die tafel voor, waak in die wagtoring, eet, drink; staan op, o vorste, en salf die skild.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle maak reg vir ’n groot fees. Hulle gooi matte uit vir mense om op te sit. Almal eet en drink. Gou! Gryp julle skilde en maak reg vir die geveg! Julle word aangeval!
Afrikaans 1933/1953 Hulle maak die tafel gereed, hulle sprei die tapyt, hulle eet, drink.... Staan op, o vorste, salf die skild!
Afrikaans 1983 'n Tafel word gedek, die eetgerei is reggesit, hulle begin eet en drink! Dan kom die bevel: “Leiers, wees gereed! Smeer die skilde met olie!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dek die tafel, pak die kussings reg, eet, drink – staan op, bevelvoerders! Smeer die skilde met olie!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sien die bediendes dek die tafel en gooi die matte oop, en die amptenare van Babel eet en drink. En dan roep iemand en hy sê: “Staan op, amptenare, smeer julle skilde met olyf-olie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kyk na Babel, hulle dek sowaar nog tafels om fees te vier en gooi matte op die vloer waarop die feesgangers kan sit. Offisiere, kry eerder julle wapens slaggereed vir die oorlog!