Isaiah 21:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | My hart het gehyg, vrees het my verskrik; die nag van my welbehae het vir my verander in vrees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | My hart steier, ek is bang. Ek wens dat ek kan slaap, maar ek is te bang. |
| Afrikaans 1933/1953 | My hart duisel, angs oorval my; dit maak vir my die skemeraand wat ek liefhet, tot 'n verskrikking. |
| Afrikaans 1983 | My verstand staan stil, angs oorweldig my, die rustigste deel van die dag is nou vir my 'n verskrikking. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My hart is verbyster; ontsetting het my oorval. Die skemeraand, kosbaar vir my, het vir my angs gebring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek weet nie wat om te doen nie, ek word baie bang. Ek was altyd bly wanneer dit aand word, maar nou is ek bang wanneer die donker kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My kop draai en my keel trek toe van vrees. My rustige slaap is iets van die verlede, ek lê in die nag wakker en bewe van angs. |