Isaiah 21:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom is my lendene vol pyn: weë het my aangegryp soos die weë van 'n vrou wat baar; Ek was verslae toe ek dit sien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | My lyf pyn soos dié van ’n vrou wat besig is om geboorte aan ’n kind te gee. Ek is platgeslaan deur wat ek hoor, en verskrik deur wat ek sien. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom is my heupe vol siddering, weë het my aangegryp soos die weë van een wat baar; ek buig my krom, sodat ek nie hoor nie; ek is verskrik, sodat ek nie sien nie. |
| Afrikaans 1983 | Skrik oorweldig my, angs oorval my soos dié van 'n vrou wat 'n kind in die wêreld bring. Ek is verskrik oor wat ek gehoor het, ek is bang oor wat ek gesien het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom is my heupe aan die sidder en oorval krampe my soos die krampe van 'n vrou wat geboorte gee. Ek krimp ineen oor wat ek hoor, ek is angsbevange oor wat ek sien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer ek hoor en sien wat sal gebeur, dan kry ek pyne soos 'n vrou wat 'n baba kry, ek buig krom en ek skrik. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die goed wat ek gesien het, is so angswekkend dat my hele liggaam inmekaartrek soos ’n vrou wat besig is om te kraam. |