Isaiah 21:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | 'n Swaar gesig is aan my verkondig; die ontroue handel dryf verraderlik, en die ontroue bederf. Trek op, o Elam, beleër, o Medië! al sy gesug het ek laat ophou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sien ’n skrikwekkende visioen: Ek sien dat jy geplunder en verwoes is. Gaan aan, mense van Elam en Medië, neem deel aan die beleg. Babilon sal val, en die gekla van die nasies wat deur haar verslaaf is, sal ophou. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Harde gesig is my te kenne gegee: Die ontroue handel troueloos, en die verwoester verwoes. Trek op, Elam! Beleër, M,dië! Aan alle gesug maak Ek 'n einde. |
| Afrikaans 1983 | 'n Harde oordeel is aan my geopenbaar: die verraaier pleeg verraad, die verwoester saai verwoesting. Elam, jy moet oorlog maak! Medië, jy moet begin veg! Die Here maak 'n einde aan al die lyding. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Onverbiddelike openbaring is my meegedeel: “Die verraaier pleeg verraad, die verwoester verwoes. Ruk op, Elam! Medië, beleër! Aan al die gesug maak Ek 'n einde.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het gesien daar gaan 'n vreeslike ding gebeur. Ek het gesien mense verraai vir Babel en hulle verwoes die land. Kom, mense van Elam en Medië, julle moet kom, en julle moet die stad aanval van al die kante. Die Here wil hê die swaarkry moet ophou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het ’n skrikwekkende visioen gesien, ’n visioen van verwoesting en verraad. Elam, julle moet aanval! Medië, julle moet die stede beleër! Die Here gaan ’n einde maak aan al die swaarkry wat Babel veroorsaak het. |