Isaiah 21:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want so het die HERE vir my gesê: Binne 'n jaar, volgens die jare van 'n huurling, en al die heerlikheid van Kedar sal ophou.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is wat die Here vir my gesê het: “Binne ’n jaar, so ondraaglik soos dit vir ’n dagloner is om hom af te sloof, sal al die glorie van Kedar tot ’n einde kom.
Afrikaans 1933/1953 Want so het die Here vir my gesê: Binne 'n jaar -- soos die jare van 'n dagloner -- sal al die heerlikheid van Kedar verdwyn.
Afrikaans 1983 Dit het die Here vir my gesê: Binne 'n jaar, 'n jaar wat so ondraaglik sal wees soos dit vir 'n dagloner is, sal daar 'n einde kom aan Kedar se rykdom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, so het my Heer vir my gesê: “Binne 'n jaar, bereken soos die jare van 'n huurarbeider, sal al die luister van Kedar tot 'n einde kom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, die Here het vir my gesê: “Oor 'n jaar sal die mense van die land Kedar nie meer ryk wees nie. In hierdie jaar sal hulle so swaar kry soos 'n dagloner.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar dit het die Here vir my gesê: “Oor presies ’n jaar, en dit gaan nie ’n maklike jaar wees nie, sal Kedar sy magtige posisie verloor.