Isaiah 21:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hulle het gevlug vir die swaarde, vir die ontblote swaard en vir die gespande boog en vir die swaarkry van die oorlog. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het gevlug voor die swaarde en pyle van die oorlog. Hulle vlug vir die wreedheid van die geveg. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want hulle het gevlug vir swaarde, vir die swaard wat uitgetrek en vir die boog wat gespan is, en vir die druk van die oorlog. |
| Afrikaans 1983 | Die mense vlug vir die oorlog: vir die swaard wat wil doodmaak, vir die boog wat reg is om te skiet. Die mense vlug vir die wrede oorlog. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want vir swaarde het hulle gevlug, vir die ontblote swaard, vir die gespanne boog, vir die geweld van oorlog. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle vlug vir die swaarde, vir die swaard en die pyl en boog van hulle vyande. Hulle vlug weg van 'n wrede oorlog.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Want hulle het vir die geweld van die oorlog gevlug omdat hulle met swaarde en pyle en boë aangeval is. |