Isaiah 21:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) O my dors en die koring van my dorsvloer! wat ek gehoor het van die HERE van die leërskare, die God van Israel, het ek aan julle verkondig.
Afrikaans (NLV) 2011 My volk, hulle het jou op die dorsvloer vertrap en uitgewan. Ek het vir jou alles gesê wat die Here, die Almagtige, die God van Israel vir my gesê het.
Afrikaans 1933/1953 o My vertrapte en gedorste volk, wat ek gehoor het van die HERE van die leërskare, die God van Israel, het ek julle bekend gemaak.
Afrikaans 1983 My volk, jy wat vertrap is op die dorsvloer, ek het vir jou gesê wat die Here vir my gesê het, die Almagtige, die God van Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) My vertrapte volk, deel van my dorsvloer, wat ek gehoor het van die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel, het ek julle meegedeel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) My volk, die vyande het op julle getrap soos 'n mens die koring op die dorsvloer trap. Ek het vir julle gesê wat ek gehoor het by die Here wat oor alles regeer, die God van Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) O, my volk wat so stukkend getrap lê soos graan wat op die dorsvloer uitgetrap word, alles wat ek vir jou gesê het, is wat ek by die Here die Almagtige, die God van Israel, gehoor het.