Isaiah 21:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die las van die woestyn van die see. Soos warrelwinde in die suide deurtrek; so kom dit uit die woestyn, uit 'n vreeslike land. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie boodskap het na my gekom oor Babel: Rampe storm uit die woestyn op jou af soos dwarrelwinde wat deur die Negevwoestyn waai. |
| Afrikaans 1933/1953 | Godspraak oor die woestyn van die see. Soos stormwinde in die Suidland deurtrek, kom dit uit die woestyn, uit 'n vreeslike land! |
| Afrikaans 1983 | 'n Uitspraak van die Here teen Babel: Soos warrelwinde deur die Suidland trek, so kom daar iemand uit die woestyn, uit die land waarvoor almal bang is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Profesie oor die woestyn by die see. Soos stormwindvlae in die Negev kom hy uit die woestyn, uit 'n vreesaanjaende land. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here was kwaad en Hy het gepraat teen die land in die woestyn. Die vyande kom uit die woestyn soos stormwinde wat alles wegwaai in die Suid-land. Die vyande kom van daardie land, en almal is bang vir die mense van die land. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here se boodskap om Babel se straf aan te kondig: Soos warrelwinde wat oor die Negevwoestyn aangewaai kom, so kom daar invallers van die woestyn se kant af uit ’n land waarvoor almal bang is. |