Isaiah 20:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die inwoners van hierdie eiland sal in dié dag sê: Kyk, so is ons verwagting waarheen ons vlug vir hulp om verlos te word van die koning van Assirië; en hoe sal ons ontvlug?
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal sê: ‘Kyk wat het gebeur met dié op wie ons gehoop het en na wie ons gevlug het om ons van die koning van Assirië te red! Hoe sal ons ooit kan ontsnap?’”
Afrikaans 1933/1953 En die inwoners van hierdie kusland sal in die dag sê: Kyk, so gaan dit met ons toeverlaat waarheen ons gevlug het om hulp, om gered te word van die koning van Assirië -- hoe sal ons dan ontvlug?
Afrikaans 1983 Daardie dag sal die inwoners van die kuslande sê: “Kyk wat het gebeur met die mense op wie ons vertrou het, na wie toe ons gehardloop het om ons teen die koning van Assirië te help en ons uit sy mag te red. Hoe sal ons nou vrykom?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die bewoners van hierdie kusgebied sal op daardie dag sê, ‘Kyk, so gaan dit met ons hoop, waarheen ons vir hulp gevlug het om gered te word van die koning van Assirië. Hoe sal óns dan ontvlug?’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat langs die see woon, sal daardie dag sê: ‘Kyk wat het gebeur! Ons het gedink die mense van die lande Kus en Egipte sal ons kan help teen die koning van Assirië, maar nou weet ons dat ons nie vry sal word nie.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan sal die Filistyne wat langs die Middellandse See bly, sê: “As dit met Egipte kan gebeur, watter kans het ons teen die koning van Assirië? Dit is verby met ons!”