Isaiah 20:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sal die koning van Assirië die Egiptenaars, gevangenes, en die Kusiete as gevangenes weglei, jonk en oud, naak en kaalvoet, ja, met hul boude ontbloot, tot die skande van Egipte.
Afrikaans (NLV) 2011 Want die koning van Assirië sal die mense van Egipte en Etiopië as gevangenes wegneem. “Hy sal hulle kaal en sonder skoene laat loop, die jonges en die oues. Hulle sal kaal wees, tot Egipte se skande.
Afrikaans 1933/1953 so sal die koning van Assirië die gevangenes van Egipte en die ballinge van Kus wegdrywe, jonk en oud, naak en kaalvoet en ontbloot aan die agterdele -- 'n smaad vir Egipte.
Afrikaans 1983 so sal die koning van Assirië die krygsgevangenes uit Egipte en die ballinge uit Kus, oud en jonk, sonder klere en sonder skoene, kaal, in ballingskap wegvoer. Dit sal vir Egipte 'n skande wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) so sal die koning van Assirië die gevangenes van Egipte en die ballinge van Kus weglei, jonk en oud – kaal en met kaalvoete, en met ontblote sitvlakke. Die naaktheid van Egipte!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning van Assirië sal die mense van Egipte en Kus vang en wegvat, die jongmanne en die oumanne. Hulle sal kaal wees en sonder skoene, en die Egiptenaars sal skaam wees oor hulle kaal liggame.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning van Assirië sal hierdie twee lande se mense gevange neem en hulle voor die voet, oud en jonk, kaal en sonder sandale aan hulle voete as ballinge wegvoer. Almal sal die kaal sitvlakke sien. Dit is die skande wat Egipte sal oorkom.