Isaiah 20:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het gesê: Soos my kneg Jesaja drie jaar lank naak en kaalvoet gewandel het tot 'n teken en wonder oor Egipte en Kus; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het die Here gesê: “My dienaar Jesaja het die laaste drie jaar kaal en sonder skoene rondgeloop. Dit is ’n teken, ’n simbool van die verskriklike moeilikheid wat Ek oor Egipte en Etiopië gaan bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het die HERE gesê: Soos my kneg Jesaja naak en kaalvoet geloop het, drie jaar lank, as teken en sinnebeeld met betrekking tot Egipte en Kus, |
| Afrikaans 1983 | Toe Asdod ingeneem is, het die Here gesê: Soos my dienaar Jesaja drie jaar lank sonder klere en sonder skoene rondgeloop het as 'n lewende getuie teen Egipte en teen Kus, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het gesê: “Soos my dienskneg, Jesaja, drie jaar lank kaal en met kaalvoete rondgeloop het, as 'n teken, as 'n voorteken wat betrekking het op Egipte en Kus, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het toe gesê: “My dienaar Jesaja het drie jaar lank kaal en sonder skoene geloop, en dit was 'n teken wat gewys het wat sal gebeur met die lande Egipte en Kus. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Asdod ingeneem is, het die Here gesê: My dienaar Jesaja loop nou al die afgelope drie jaar sonder klere en sandale rond soos ’n gevangene. Dit is ’n teken van presies wat met Egipte en Etiopië gaan gebeur. |