Isaiah 20:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In dieselfde tyd het die HERE gespreek deur Jesaja, die seun van Amos, en gesê: Gaan maak die roukleed van jou heupe af en trek jou skoen van jou voet af. En hy het dit gedoen, naak en kaalvoet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | het die Here vir Jesaja seun van Amos gesê: “Trek al jou rouklere uit, ook jou sandale.” Jesaja het dit gedoen en kaal en sonder skoene rondgeloop. |
| Afrikaans 1933/1953 | in die tyd het die HERE deur die diens van Jesaja, die seun van Amos, gespreek en gesê: Gaan gord die haarmantel van jou heupe af los, en trek jou skoene van jou voete af. Hy het toe so gedoen en naak en kaalvoet geloop. |
| Afrikaans 1983 | In daardie tyd het die Here vir Jesaja seun van Amos gesê: Trek jou klere uit en ook jou skoene. Jesaja het dit gedoen: hy het sonder klere en sonder skoene rondgeloop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In dié tyd het die Here by monde van Jesaja, seun van Amos, gesê: “Gaan, haal die rouklere van jou heupe af, en jou sandale, trek dit van jou voete af!” Hy het so gemaak en kaal en kaalvoet rondgeloop. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In daardie tyd het die Here vir Jesaja gestuur om 'n boodskap te bring. Jesaja was die seun van Amos. Die Here het vir Jesaja gesê: “Gaan trek uit jou rouklere en jou skoene.” Jesaja het dit gedoen. Hy het kaal en sonder skoene geloop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | het die Here vir Jesaja die seun van Amos gesê: Trek al jou klere uit, tot jou sandale ook. Jesaja het dit gedoen en sonder klere en sandale rondgeloop. |