Isaiah 2:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het U u volk, die huis van Jakob, verlaat, omdat hulle van die ooste af gevul is en waarsêers is soos die Filistyne, en hulle behaag in die kinders van vreemdelinge.
Afrikaans (NLV) 2011 Here, U het die volk van Israel verwerp, want hulle is beïnvloed deur die mense van die ooste. Hulle het hulle fortuin laat vertel soos die Filistyne, en bondgenootskappe gesluit met heidene.
Afrikaans 1933/1953 Want U het u volk verwerp, die huis van Jakob, omdat hulle vol is van wat die Ooste aanbied, en van goëlaars soos die Filistyne, en met die kinders van vreemdes dryf hulle handel.
Afrikaans 1983 U het u volk Jakob verstoot: hulle gee hulle oor aan die waarsêery van die ooste, beoefen towery soos die Filistyne en hou saam met vreemdes vas aan bygeloof;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, U het u volk, die huis van Jakob, verlaat omdat daar soveel voorspellers uit die Ooste by hulle is, en soveel mense wat voortekens lees soos by die Filistyne; en van die nageslag van vreemdes het hulle 'n oorvloed.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Waarlik, U het u volk gelos, die nageslag van Jakob want hulle probeer om waarsêers te wees soos die mense in die ooste en soos die Filistyne. Hulle klap hulle hande en probeer om die bose geeste weg te jaag, soos die mense van ander lande.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Here, U het die afstammelinge van Jakob verwerp omdat hulle hulle oorgegee het aan Mesopotamiese bygelowe en net soos die Filistyne hulle met toordery besig hou. Hulle is al net so bygelowig soos hulle nuwe vriende met wie hulle omgaan.