Isaiah 2:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hou op van die mens wie se asem in sy neusgate is, want waarmee moet hy gereken word? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hou op om julle vertroue op feilbare mense te stel! Die mens het maar net asem in sy neus! Hoe kan hy enigiemand help? |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat staan tog die mens wie se asem in sy neus is; want hoe min is hy werd! |
| Afrikaans 1983 | Moenie op mense staatmaak nie: hulle blaas so maklik die laaste asem uit. Hulle is min werd. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hou op om julle te bekommer oor die mens; hy is net 'n asem in 'n neus! Ja, waarom moet met hom rekening gehou word? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Mens beteken niks. As hy nie asemhaal nie, dan sterf hy. Julle moenie dink 'n mens kan julle help nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie op mense staatmaak nie, dit is net so dan blaas hulle hulle laaste asem uit. Want wat beteken ’n mens nou eintlik? |