Isaiah 2:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Om in die klowe van die rotse in te gaan en in die toppe van die rafelige rotse, uit vrees vir die HERE en ter wille van die heerlikheid van sy majesteit, wanneer Hy opstaan om die aarde te laat skud. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal in gate inkruip en tussen rotse en teen die kranse wegkruip. So sal hulle probeer ontsnap aan die verskrikking van die Here en die eer van sy grootsheid as Hy opstaan om die aarde te skud. |
| Afrikaans 1933/1953 | om te gaan in die skeure van die rotse en in die klowe van die kranse vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik. |
| Afrikaans 1983 | As die Here die aarde begin skud, sal hulle die rotsholtes en die klipskeure invlug vir die verskrikking wat van Hom kom en vir die glans van sy majesteit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | om dan in rotsskeure en holkranse skuil te gaan uit vrees vir die Here, vanweë sy verhewe glansrykheid, wanneer Hy opstaan om die aarde te verskrik. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle sal wegkruip in grotte in die berge en tussen klippe, want die Here sal kom. Hy sal die aarde skud. Almal sal bewe voor Hom, Hy is die Koning. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer die Here die aarde met ’n aardbewing skud, sal die mense in grotte en in skeure in die rotse gaan wegkruip uit vrees vir die Here en die heerlikheid van sy Goddelike majesteit wat saam met Hom kom. |