Isaiah 2:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In dié dag sal 'n man sy silwerafgode en sy goue afgode wat hulle elkeen vir hom gemaak het om te aanbid, vir die molle en vir die vlermuise gooi; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal hulle silwer en goue afgode vir die molle en vlermuise los. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die dag sal die mens sy silwerafgode en sy goue afgode wat hy vir hom gemaak het om voor neer te buig, weggooi vir die molle en die vlermuise; |
| Afrikaans 1983 | Daardie dag sal die mense die afgode van silwer en goud wat hulle gemaak het om voor te buig, weggooi vir die rotte en die vlermuise. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op daardie dag sal mense hulle nuttelose afgode van silwer en hulle nuttelose afgode van goud wat hulle vir hulleself gemaak het om in aanbidding voor te buig, wegwerp vir die rotte en vlermuise – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daardie dag sal die mense hulle afgode weggooi en hulle sal dit vir die rotte en die vlermuise gee, die afgode van silwer en goud wat hulle gemaak het, die afgode voor wie hulle gebuig het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op daardie dag sal hulle hulle wonderlike goue en silwerafgode net daar in die grotte en gate laat agterbly vir die vlermuise en die rotte. |