Isaiah 2:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sal in die gate van die rotse en in die spelonke van die aarde gaan, uit vrees vir die HERE en ter wille van die heerlikheid van sy majesteit, wanneer Hy opstaan om die aarde te laat skud.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer die Here opstaan om die aarde te skud, sal sy vyande wegkruip in gate en grotte in die grond, so bang sal hulle vir Hom wees. Hulle sal inkruip in grotte in die rotse uit vrees vir die verskrikking van die Here en die eer van sy grootsheid.
Afrikaans 1933/1953 En hulle sal gaan in die spelonke van die rotse en in die gate van die grond vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik.
Afrikaans 1983 As die Here die aarde begin skud, vlug die mense in grotte in die rotse en in gate in die grond in vir die verskrikking wat van Hom kom en vir die glans van sy majesteit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mense sal in die grotte tussen rotse skuilgaan en in gate in die grond, uit vrees vir die Here, vanweë sy verhewe glansrykheid, wanneer Hy opstaan om die aarde te verskrik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense sal wegkruip agter rotse en in gate in die grond, want die Here sal kom. Hy sal die aarde skud. Almal sal voor Hom bewe, Hy is die Koning.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer die Here die aarde met ’n aardbewing skud, sal die mense in grotte of in gate in die grond gaan wegkruip uit vrees vir die Here en die heerlikheid van sy Goddelike majesteit wat saam met Hom kom.