Isaiah 2:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die dag van die HERE van die leërskare sal wees oor elkeen wat trots en hoog is, en oor elkeen wat verhewe is; en hy sal verneder word.
Afrikaans (NLV) 2011 Op daardie dag sal die Here, die Almagtige, die hoogmoediges straf, en hulle in die stof neergooi.
Afrikaans 1933/1953 Want 'n dag is daar vir die HERE van die leërskare oor al wat trots en hoog is, en oor al wat verhewe is, sodat dit verneder kan word;
Afrikaans 1983 Die Here die Almagtige het 'n dag bepaal teen al wat trots en hoog is, teen alles, hoog en laag,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here, Heerser oor alle magte, hou immers 'n dag gereed teen alles wat verwaand en hoog is, teen alles wat verhewe is – dit sal neergeslaan word –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, die dag van die Here sal kom, die Here wat oor alles regeer. Hy sal téén al die hoogmoedige mense wees, teen almal wat dink hulle is belangrik.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op daardie dag sal die Here almal wat verwaand en hoogmoedig is, op hulle plek sit.