Isaiah 2:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Gaan in die rots in en verberg jou in die stof uit vrees vir die HERE en ter wille van sy majesteit.
Afrikaans (NLV) 2011 Gaan skuil in grotte, kruip weg in die grond weens die verskrikking van die Here en die glans van sy majesteit!
Afrikaans 1933/1953 Gaan in die rots en steek jou weg in die grond vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil.
Afrikaans 1983 Vlug die rotse in, kruip weg in die grond vir die verskrikking wat van die Here kom en vir die glans van sy majesteit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gaan skuil tussen die rotse, kruip weg in die grond uit vrees vir die Here, vanweë sy verhewe glansrykheid!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet wegkruip agter rotse en in gate in die grond, want die Here kom. Wanneer Hy kom, dan sal julle bewe, want Hy is die Koning.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gaan kruip weg in die grotte of in gate in die grond uit vrees vir die Here en die heerlikheid van sy Goddelike majesteit wat saam met Hom kom.