Isaiah 19:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die vissers sal treur, en almal wat hoeke in die spruite gooi, sal weeklaag, en die wat nette op die water uitsprei, sal kwyn.
Afrikaans (NLV) 2011 Die vissermanne sal van hartseer huil. Dié wat met ’n hoek visvang en dié wat nette in die rivier oopgooi, sal wegkwyn.
Afrikaans 1933/1953 En die vissers sal klaag, en almal wat hoeke in die Nyl uitgooi, rou bedrywe; en die wat visnette uitsprei oor die waters, sal verkwyn.
Afrikaans 1983 Die vissers sal kla en huil: almal wat met 'n hoek visvang en dié wat hulle nette in die rivier oopgooi, sal verdwyn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die vissers weeklaag en treur, almal wat hoeke in die Nyl gooi; hulle wat nette oor die water uitgooi, kwyn weg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat vishoeke en visnette in die Nyl-rivier gooi, sal huil en treur, die vissermanne sal sterf, want hulle sal nie kos hê om te eet nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die vissers sal oor hulle lot kla. Niemand wat met hoeke of nette in die Nyl visgevang het, sal iets hê om van te lewe nie.