Isaiah 19:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die papierriete by die spruite, by die mond van die spruite, en alles wat by die spruite gesaai word, sal verdor, verdryf word en nie meer wees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die papirusplante langs die Nyl sal opdroog en wegwaai. Die oeste sal wegdroog. Alles sal verdwyn. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die weivelde by die Nyl, by die mond van die Nyl, en elke saailand van die Nyl sal verdor, verwaai en nie meer wees nie. |
| Afrikaans 1983 | die waterplante langs die Nyl by die Nylmond. Alles wat langs die Nyl gesaai is, sal verdroog, dit sal wegwaai en verdwyn. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ook die rietbosse aan die Nyl, by die Nylmonding. Al die saailande langs die Nyl verdroog en raak verwaaid, en niks bly oor nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die plante sal doodgaan langs die Nyl-rivier en by die plek waar die rivier in die see vloei. Alles wat die mense langs die Nyl gesaai het, sal droog word, dit sal wegwaai en verdwyn. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die waterplante wat langs die Nyl by die mond van die Nyl groei, sal doodgaan van die droogte. Al die saailande langs die Nyl sal opdroog en die wind sal dit wat oorbly, wegwaai. |