Isaiah 19:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die gees van Egipte sal in sy midde beswyk; en Ek sal sy raad vernietig, en hulle sal die drekgode en die besweerders en die geeste van afgestorwenes en die towenaars soek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Egiptenaars sal moed verloor. Ek sal hulle planne verydel. Hulle sal by hulle afgode pleit vir wysheid. Hulle sal geeste oproep, en mediums en besweerders om raad gaan vra. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die gees van Egipte sal radeloos word in sy binneste, en sy planne sal Ek verwar; dan raadpleeg hulle die afgode en die besweerders en die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê. |
| Afrikaans 1983 | Egipte se planne sal tot niet gaan, Ek sal sy planne verydel. Hulle sal gode gaan raadpleeg, besweerders, mediums, spiritiste. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Egipte se gees sal binne-in hom gebreek word; sy planne sal Ek verwar. Hulle sal nuttelose afgode raadpleeg, ook die geeste van afgestorwenes, waarsêergeeste en voorvadergeeste. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Egiptenaars sal nie weet wat om te doen nie, Ek sal hulle planne laat misluk. Hulle sal vir die afgode vra wat om te doen, en vir die mense wat met geeste praat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal die Egiptenaars frustreer, want Ek gaan hulle planne in die wiele ry. Hulle sal raad gaan soek by hulle afgode en towenaars en waarsêers. |