Isaiah 19:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In dié dag sal Israel die derde wees saam met Egipte en met Assirië, 'n seën in die middel van die land. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Israel sal hulle bondgenoot wees. Die drie sal saamwerk, en Israel sal vir hulle tot ’n seën wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die dag sal Israel die derde wees naas Egipte en Assirië, 'n seën in die midde van die aarde, |
| Afrikaans 1983 | Daardie dag sal Israel die derde wees, en saam met Egipte en Assirië sal hulle vir die aarde tot 'n seën wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op daardie dag sal Israel die derde wees saam met Egipte en Assirië – 'n seën midde-in die wêreld. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daardie dag sal die Israeliete ook so belangrik wees soos die Egiptenaars en die Assiriërs, en daarom sal die Here die mense van die aarde seën. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Israel sal hulle bondgenoot word en saam sal die drie lande ’n seën vir die res van die wêreld wees. |