Isaiah 19:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In dié dag sal daar 'n grootpad wees uit Egipte na Assirië, en Assirië sal in Egipte kom, en Egiptenare in Assirië, en Egiptenaars sal saam met Assirië dien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daardie dag sal Egipte en Assirië met ’n hoofpad verbind wees. Die Egiptenaars en Assiriërs sal vrylik tussen hulle lande beweeg, en hulle sal dieselfde God dien. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die dag sal daar 'n grootpad wees van Egipte na Assirië, en Assiriërs sal in Egipte kom en Egiptenaars in Assirië; en Egipte sal saam met Assirië die HERE dien. |
| Afrikaans 1983 | Daardie dag sal daar 'n grootpad van Egipte af tot by Assirië loop. Die Assiriërs sal Egipte besoek, en die Egiptenaars Assirië, en hulle sal saam die Here dien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op daardie dag sal daar 'n grootpad wees vanaf Egipte na Assirië. Die Assiriërs sal na Egipte gaan, en die Egiptenare na Assirië. Die Egiptenare sal saam met die Assiriërs die Here dien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daardie dag sal daar 'n pad van Egipte tot by Assirië wees. Die Assiriërs sal in Egipte kom en die Egiptenaars sal in Assirië kom. Hulle sal saam die Here dien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In daardie tyd sal daar ’n grootpad tussen Egipte en Assirië wees sodat mense uit hierdie lande vrylik heen en weer kan beweeg. Hierdie twee volke sal saam die Here aanbid. |