Isaiah 19:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE sal Egipte slaan; Hy sal dit slaan en dit genees; en hulle sal tot die HERE terugkeer, en Hy sal tot hulle verhoor en hulle gesond maak.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sal die Egiptenaars slaan sodat Hy hulle kan genees, en hulle sal terugkom na die Here. Hy sal luister as hulle om hulp roep en hulle gesond maak.
Afrikaans 1933/1953 En die HERE sal die Egiptenaars slaan, slaan en genees; en hulle sal hul tot die HERE bekeer, en Hy sal hulle verhoor en hulle genees.
Afrikaans 1983 Die Here sal die Egiptenaars straf, Hy sal straf en genees. Hulle sal hulle tot die Here bekeer, en Hy sal hulle goedgesind wees en hulle genees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here sal Egipte tref met 'n plaag, tref én genees. Hulle sal hulle tot die Here bekeer. Hy sal hulle smeekbedes verhoor en hulle genees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sal die Egiptenaars straf, maar daardie straf sal hulle gesond maak. Hulle sal verander en lewe soos die Here wil hê. Hy sal luister wanneer hulle bid, en Hy sal hulle gesond maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sal die Egiptenaars straf, nie om hulle dood te maak nie, maar om hulle te laat besef wie Hy is. Dan sal hulle tot bekering kom en Hom dien. Hy sal hulle weer gesond maak en hulle gebede verhoor.