Isaiah 19:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE sal aan Egipte bekend word, en die Egiptenaars sal die HERE ken in dié dag, en hulle sal slagoffers en spysoffers bring; ja, hulle moet 'n gelofte aan die HERE doen en dit nakom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daardie dag sal die Here Homself aan die mense van Egipte openbaar. Ja, hulle sal die Here ken en diere-offers en graanoffers vir Hom bring. Hulle sal beloftes aan die Here maak, en dit nakom. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE sal Hom aan die Egiptenaars bekend maak, en die Egiptenaars sal die HERE ken in die dag; en hulle sal Hom dien met slagoffers en spysoffers en geloftes doen aan die HERE en dit betaal. |
| Afrikaans 1983 | Dan sal die Here Hom aan die Egiptenaars bekend maak, en op daardie dag sal hulle Hom leer ken. Hulle sal die Here met diereoffers en met graanoffers dien, en hulle sal hulle geloftes aan Hom nakom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here sal Hom aan die Egiptenare bekend maak, en die Egiptenare sal Hom erken op daardie dag. Hulle sal Hom dien met slagoffers en •graanoffers, en aan die Here geloftes aflê en dit nakom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sal vir die Egiptenaars sê wie Hy is, en hulle sal Hom leer ken. Hulle sal diere vir Hom offer en ete-offers bring, hulle sal vir die Here dinge belowe en hulle sal dit doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal die Here Homself aan die Egiptenaars bekendmaak. Hulle sal Hom leer ken en Hom aanbid deur vir Hom diereoffers en graanoffers te bring. Hulle sal beloftes aan die Here maak en dit nakom. |