Isaiah 19:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit sal 'n teken en 'n getuie wees vir die HERE van die leërskare in Egipteland; want hulle sal die HERE aanroep vanweë die verdrukkers, en Hy sal vir hulle 'n Redder en 'n grote stuur, en Hy sal lewer hulle af. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit sal ’n teken en getuienis wees van die Here, die Almagtige, se teenwoordigheid in Egipte. Wanneer die mense na die Here om hulp roep wanneer hulle verdruk word, sal Hy iemand stuur wat hulle sal beskerm en red. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit sal wees 'n teken en 'n getuie vir die HERE van die leërskare in Egipteland; as hulle die HERE aanroep vanweë die verdrukkers, sal Hy aan hulle 'n redder stuur en 'n stryder wat hulle sal verlos. |
| Afrikaans 1983 | Hulle sal dien as tekens en hulle sal getuig van die Here die Almagtige se teenwoordigheid in Egipte. As die Egiptenaars tot die Here roep omdat hulle verdruk word, sal Hy 'n redder vir hulle stuur. Hy sal hulle saak behartig en hulle red. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit sal dien as 'n teken en 'n getuienis vir die Here, Heerser oor alle magte, in Egipteland; want hulle sal die Here om hulp roep vanweë hulle verdrukkers. Dan sal Hy vir hulle 'n verlosser stuur wat die saak sal behartig en hulle red. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit sal in Egipte die teken wees dat die land behoort aan die Here wat oor alles regeer. Wanneer die Egiptenaars swaarkry omdat mense hulle verdruk, dan sal die Here iemand stuur om hulle te red, en hy sal hulle help en vrymaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie dinge sal die mense van Egipte aan die Here se teenwoordigheid herinner. As sy volk wat in Egipte is, vir die Here hulp vra omdat hulle verdruk word, sal die Here vir hulle iemand stuur om hulle vry te maak en te verlos van die Egiptenaars. |