Isaiah 19:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal die Egiptenaars opstel teen die Egiptenaars, en hulle sal elkeen teen sy broer en elkeen teen sy naaste veg; stad teen stad, en koninkryk teen koninkryk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek laat die Egiptenaars teen mekaar baklei, broer teen broer, buurman teen buurman, stad teen stad, provinsie teen provinsie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal Egipte teen Egipte ophits, sodat hulle sal veg, elkeen teen sy broer en elkeen teen sy naaste, stad teen stad, koninkryk teen koninkryk. |
| Afrikaans 1983 | Ek, die Here, sal die een Egiptenaar die vyand van die ander maak: broer sal teen broer veg, vriend teen vriend, stad teen stad, koninkryk teen koninkryk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Ek gaan Egiptenare teen mekaar aanhits, sodat elkeen teen sy familielid sal veg en elkeen teen sy medemens – stad teen stad, koninkryk teen koninkryk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Ek sal die Egiptenaars kwaad maak vir mekaar en hulle sal oorlog maak teen mekaar, broer teen broer, buurman teen buurman. Die een stad sal oorlog maak teen die ander stad, en die een deel van die land teen die ander deel van die land. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek gaan ’n burgeroorlog in Egipte laat uitbreek, sê die Here, die mense sal onder mekaar veg, broer teen broer, vriend teen vriend, een stad teen ’n ander en een koning teen ’n ander. |