Isaiah 19:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In dié dag sal vyf stede in Egipteland die taal van Kanaän spreek en by die HERE van die leërskare sweer; een sal genoem word: Stad van verwoesting.
Afrikaans (NLV) 2011 Daardie dag sal vyf Egiptiese stede die Here, die Almagtige, volg. Hulle sal selfs Hebreeus praat. Een van hulle sal die Stad van Verwoesting genoem word.
Afrikaans 1933/1953 In die dag sal daar vyf stede in Egipteland wees wat die taal van Kanaän spreek en by die HERE van die leërskare sweer; een sal genoem word: Stad van verwoesting.
Afrikaans 1983 Daardie dag sal die inwoners van vyf Egiptiese stede Hebreeus praat, en wanneer hulle 'n eed aflê, sal hulle dit in die Naam van die Here die Almagtige doen. Een van hulle sal Die Verwoeste Stad genoem word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op daardie dag sal daar vyf stede in Egipteland wees wat die taal van Kanaän praat en wat aan die Here, Heerser oor alle magte, trou sweer. Een van die stede sal Stad van Verwoesting genoem word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daardie dag sal die mense van vyf stede in Egipte die taal praat van die mense in die land Kanaän, en wanneer hulle iets belowe, dan sal hulle die Naam van die Here noem, die Here wat oor alles regeer. Een van die stede se naam sal wees: Die-Stad-Wat-Verwoes-Is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In daardie tyd sal daar so baie Israeliete in Egipte wees dat hulle in vyf Egiptiese stede Hebreeus sal praat en hulle sal die Here die Almagtige openlik dien. Een van daardie stede sal Die Stad Waar Reg Geskied genoem word.