Isaiah 19:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die land van Juda sal 'n verskrikking vir Egipte wees; elkeen wat daarvan melding maak, sal in homself bevrees wees vanweë die raad van die HERE van die leërskare wat Hy daarteen besluit het.
Afrikaans (NLV) 2011 Net om Israel se naam te noem, sal angs vir die Egiptenaars bring. Want die Here, die Almagtige, het sy planne klaar teen Egipte opgestel.
Afrikaans 1933/1953 En die land Juda sal vir die Egiptenaars 'n skrik wees: as iemand daarvan melding maak by hulle, bewe hulle vanweë die besluit van die HERE van die leërskare wat Hy teen hulle geneem het.
Afrikaans 1983 Juda sal vir Egipte 'n verskrikking wees; elkeen wat hom aan Juda herinner, sal hom bang maak. Hy sal bang wees vir wat die Here die Almagtige oor hom besluit het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan sal die land Juda vir Egipte 'n verskrikking wees. Elke keer wanneer iemand die land vir hom noem, sal hy bang wees oor die besluit van die Here, Heerser oor alle magte, die besluit wat Hy oor hom geneem het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Egiptenaars sal bang wees vir die mense van Juda. Hulle sal skrik wanneer hulle hoor van die land Juda. Die Egiptenaars sal bang wees wanneer hulle hoor wat die Here met hulle wil doen, die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As iemand net die naam Juda noem, sal hulle angsbevange aan die bewe gaan, want dit sal hulle herinner aan wat die Here die Almagtige se plan met hulle is.