Isaiah 19:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar mag geen werk vir Egipte wees wat die kop of stert, tak of bies kan doen nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Niemand in Egipte, of hy ryk of arm, belangrik of onbelangrik is, kan hom help nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | So is daar dan vir Egipte geen werk wat gedoen word deur kop of stert, palmtak of biesie nie. |
| Afrikaans 1983 | Niemand in Egipte kan hom meer red nie, nie die leiers of die slawe nie, nie dié met aansien of dié daarsonder nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vir Egipte is daar niks wat kop of stert, palmtak of biesie kan doen nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Egiptenaars weet nie wat om te doen nie, die leiers weet nie, en die slawe weet ook nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is niemand, nie ryk of arm, nie die vooraanstaande mense of dié sonder aansien, wat Egipte meer kan red nie. |