Isaiah 19:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE het 'n verkeerde gees daarin gemeng, en hulle het Egipte in al sy werke laat dwaal soos 'n dronk man in sy uitbraaksel wankel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het hulle dwaas gemaak sodat al hulle voorstelle verkeerd is. Hulle het die land van Egipte soos ’n siek dronklap laat steier. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE het daarin 'n gees van bedwelming gegiet, en Egipte is op 'n dwaalweg gebring in al sy werk, soos 'n dronkaard tuimel in sy uitbraaksel. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het hulle verwar; wat Egipte ook al doen, hulle het hom op 'n dwaalspoor gebring. Soos 'n dronk mens waggel hy in sy braaksel rond. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het midde-in die land 'n gees van verwarring bygevoeg. Die verwarring laat Egipte steier in alles wat hy doen, soos 'n dronke steier in sy braaksel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is die Here wat die amptenare deurmekaar gemaak het, en die amptenare het die Egiptenaars verkeerd laat doen. Die Egiptenaars val soos dronk mense wat naar word en opgooi en daarin trap. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het hulle verwar. Daarom neem hulle onsinnige besluite. Hulle laat Egipte rondslinger soos ’n dronk mens wat in sy eie braaksel rondgly. |