Isaiah 19:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die vorste van Soan het dwase geword, die vorste van Nof is mislei; hulle het ook Egipte verlei, hulle wat die verblyf van sy stamme is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die wyse manne van Soan is dwaas, en dié van Memfis is verward. Die leiers van Egipte het die land geruïneer met hulle dom raad. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die vorste van Soan het dwase geword, die vorste van Nof is bedroë; Egipte is op 'n dwaalweg gebring deur hulle wat die hoeksteen van die stamme is. |
| Afrikaans 1983 | Die leiers van Soan se planne het niks gehelp nie, die leiers van Memfis het bedroë daarvan afgekom. Die beste raadgewers van Egipte het hom op 'n dwaalspoor gebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hoë amptenare van Soan het sotte geword; die hoë amptenare van Nof koester vals hoop. Die steunpilare van die land se stamme het Egipte laat steier. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die amptenare van die stede Soan en Nof is dom, hulle weet nie wat om te doen nie. Hulle is die leiers van stamme, maar hulle het die mense van Egipte verkeerd laat doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die sogenaamde leiers van Soan is almal lagwekkend kinderagtig. En dié van Memfis is almal onderduims. Egipte se leiers het hulle land op ’n dwaalspoor gelei. |