Isaiah 19:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waar is hulle? waar is jou wyse manne? en laat hulle jou nou vertel, en laat hulle weet wat die HERE van die leërskare oor Egipte besluit het.
Afrikaans (NLV) 2011 Wat het gebeur met jou slim adviseurs, Farao? As hulle so slim is, laat hulle jou vertel wat die Here, die Almagtige, aan Egipte gaan doen!
Afrikaans 1933/1953 Waar is hulle dan, jou wyse manne? Laat hulle jou tog te kenne gee, dat 'n mens kan weet wat die HERE van die leërskare oor Egipte besluit het.
Afrikaans 1983 Egipte, waar is jou wyse manne nou? Laat hulle jou tog vertel sodat jy kan weet wat die Here die Almagtige teen Egipte besluit het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Waar is hulle dan, jou wyses? Laat hulle jou tog inlig! Hulle moet mos weet wat die Here, Heerser oor alle magte, oor Egipte besluit het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar is nie wyse mense in Egipte nie, hulle kan nie vir die farao sê wat die Here met Egipte wil doen nie, die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Waar is jou slim raadgewers dan nou, Farao? As hulle dan werklik so slim is, laat hulle vir jou kom vertel wat die Here die Almagtige se plan met Egipte is.