Isaiah 19:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waarlik, die vorste van Soan is dwase, die raad van die wyse raadgewers van Farao het brutaal geword; hoe sê julle vir Farao: Ek is die seun van die wyse manne, die seun van die ou konings?
Afrikaans (NLV) 2011 Watter dwase is die adviseurs van Soan nie! Hulle beste raad vir die koning van Egipte is dom en verkeerd. Sal hulle voor die farao spog omdat hulle so slim is, dat hulle van konings afstam?
Afrikaans 1933/1953 Die vorste van Soan is net dwase, die raad van Farao se slimste raadgewers het domheid geword. Hoe kan julle vir Farao sê: Ek is 'n seun van die wyse manne, 'n seun van die konings uit die voortyd?
Afrikaans 1983 Die leiers van Soan is dwaas, die slimste raadgewers van die farao gee slegte raad. Hoe kan julle vir die farao sê: “Ons is van die slim manne, afstammelinge van die konings van vroeër”?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Blote sotte is die •hoë amptenare van Soan; die slimste raadgewers van die farao se raad is stompsinnig. Hoe kan julle vir die farao sê: “Ek is van die groep van wyses, 'n nasaat van konings uit die verre verlede.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die amptenare in die stad Soan, die raadgewers van die farao, is dwase, hulle help nie die farao om reg te besluit nie. Hulle kan nou nie meer vir die farao sê dat hulle slim is en dat hulle die kinders is van die konings van lank gelede nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die leiers van Soan is ’n klomp gekke en die koning van Egipte se raadgewers gee vir hom verspotte raad. Dis ondenkbaar dat hulle die farao probeer wysmaak dat hulle voorouers verstandige mense was.