Isaiah 19:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die las van Egipte. Kyk, die HERE ry op 'n vinnige wolk en kom in Egipte, en die drekgode van Egipte sal voor sy aangesig wankel, en die hart van Egipte sal daarin smelt.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie boodskap het na my gekom oor Egipte: Kyk! Die Here is op pad na Egipte toe. Hy ry op ’n vinnige wolk. Egipte se afgode bewe voor Hom. Die Egiptenaars smelt weg van vrees.
Afrikaans 1933/1953 Godspraak oor Egipte. Kyk, die HERE ry op 'n vinnige wolk en kom na Egipte toe; en die afgode van Egipte wankel voor sy aangesig, en die hart van Egipte smelt in sy binneste.
Afrikaans 1983 'n Uitspraak van die Here teen Egipte: Die Here ry op 'n vinnige wolk, Hy gaan na Egipte toe. Egipte se gode is bang vir Hom, die Egiptenaars se harte verstyf van angs.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Profesie oor Egipte. Kyk, die Here ry op 'n vinnig bewegende wolk en gaan na Egipte. Die nuttelose afgode van Egipte beef voor Hom; Egipte se hart krimp ineen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here was kwaad en Hy het oor Egipte gepraat. Wanneer die Here op 'n vinnige wolk ry en na Egipte kom, dan bewe die gode van Egipte, en word die Egiptenaars bang.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here se boodskap om Egipte se straf aan te kondig: Die Here kom op ’n vinnige wolk aangery in die rigting van Egipte. Egipte se afgode bewe en hulle mense is lam van vrees as hulle Hom sien kom.