Isaiah 18:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle sal saam oorgelaat word aan die voëls van die berge en aan die diere van die aarde, en die voëls sal op hulle somer, en al die diere van die aarde sal daarop oorwinter.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle magtige leër sal dood lê in die veld, en die voëls en wilde diere sal hulle vreet. Die aasvoëls sal die hele somer aan hulle vreet. Wilde diere sal die hele winter aan hulle bene knaag.
Afrikaans 1933/1953 hulle word almal saam oorgegee aan die roofvoëls van die berge en aan die wilde diere van die aarde; en die roofvoëls sal daarop die somer deurbring, en al die wilde diere van die aarde sal daarop oorwinter.
Afrikaans 1983 Die ranke word oorgelaat aan die roofvoëls uit die berge en aan die wilde diere. In die somer sit die roofvoëls op die ranke, in die winter lê die wilde diere daarop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle word saam agtergelaat vir die roofvoëls op die berge en diere van die land. Die roofvoëls sal die somer daarop deurbring, en al die diere van die land sal daarop oorwinter.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy los die takkies vir die wilde voëls van die berge en vir die wilde diere. In die somer sit die wilde voëls daar en in die winter lê die wilde diere daar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Soos die afgebreekte takke sal die lyke van jou magtige leër net daar op die grond gelos word vir die roofvoëls uit die berge en die wilde diere om te vreet. In die somer sal die aasvoëls die vleis wegskeur en in die winter sal die wilde diere aan die bene lê en kou.