Isaiah 18:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want voor die oes, wanneer die knop volmaak is en die suur druiwe in die blom ryp word, moet hy die takke met snoeimesse afsny en die takke wegneem en afkap.
Afrikaans (NLV) 2011 Nog voor julle die aanval begin, terwyl julle planne ryp word soos druiwe, sal die Here julle afsny soos met ’n snoeiskêr. Hy sal die takke wat uitgroei, afsny.
Afrikaans 1933/1953 Want voor die oes, as die bloeisel volgroeid is en die blom 'n ryp druiwekorrel word, sal Hy die ranke afsny met snoeimesse en die lote wegkap;
Afrikaans 1983 Voor die tyd van die graanoes, wanneer die bloeityd van die wingerd verby is, en die blomme druiwe geword het wat besig is om ryp te word, word die wingerdlote met snoeimesse afgesny en die ranke afgebreek en weggegooi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, voor die oes, wanneer die bottyd verby is, en die groen druiwe wat ryp word tot volle bloei kom, word die lote met snoeimesse afgesny, en die hegranke verwyder, afgebreek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar voordat die mense begin koring afsny, het die wingerdstokke opgehou blom en die groen druiwe begin ryp word. Dan sny die boer die nuwe jong takkies af met 'n snoeimes, hy knip die takkies af wat later gegroei het en hy gooi dit weg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Etiopië sal soos ’n wingerd wees waarvan die bloeityd verby is en die druiwe al begin ryp word. Maar voor hulle kan vrugte dra, word die wingerdlote met ’n snoeimes afgesny en die ranke afgebreek en weggegooi.