Isaiah 18:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want so het die HERE vir my gesê: Ek sal rus, en Ek sal in my woonplek ag gee soos 'n helder hitte op kruie en soos 'n douwolk in die hitte van die oes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want die Here het vir my gesê: “Ek kyk rustig uit my woonplek, so rustig soos die hittegolwe op ’n somersdag, of soos dou op ’n herfsmôre tydens oestyd.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want so het die HERE vir my gesê: Ek wag rustig en aanskou uit my woonplek, soos glinsterende hitte bo die sonlig, soos 'n douwolk in die hitte van die oestyd. |
| Afrikaans 1983 | So het die Here vir my gesê: Ek sal rustig uit my woonplek ondertoe kyk, ongestoord soos die hittegolwe op 'n warm dag, soos 'n miswolk in die somerhitte. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want so het die Here vir my gesê: “Ek sal rustig wees en uit my woonplek toekyk, soos versengende hitte in helder daglig, soos 'n newel in die hitte van die oestyd. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want die Here het vir my gesê: “Ek sal stil uit my woonplek na alles kyk, stil soos die warm son in die middag, soos 'n miswolk in die somer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | want die Here het vir my gesê: Ek sal dinge eers rustig uit my blyplek dophou sonder om in te meng. Ongestoord soos die hittegolwe wat op ’n warm dag uit die grond uit opslaan, soos die mis wat in die somerhitte gedurende die nag in die boorde vorm as dit oestyd is en in die stilte van die môre oor die lande hang. |