Isaiah 18:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al julle bewoners van die wêreld en bewoners van die aarde, sien wanneer Hy 'n banier ophef op die berge; en as hy op die basuin blaas, hoor julle.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer ek ’n vaandel opsteek op die berg, moet die hele wêreld en sy inwoners kennis neem. Wanneer ek die trompet blaas, moet julle luister!
Afrikaans 1933/1953 Al julle bewoners van die wêreld en bewoners van die aarde, as 'n banier opgehef word op die berge, kyk! En as die basuin geblaas word, luister!
Afrikaans 1983 Julle almal wat in die wêreld woon, julle bewoners van die aarde, kyk wanneer die vaandel opgesteek word op die berge, luister wanneer die ramshoring blaas!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Almal wat op die aarde woon, al julle bewoners van die wêreld, wanneer 'n banier op die berge opgesteek word, moet julle kyk; en wanneer 'n •ramshoring geblaas word, moet julle luister.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle almal wat in die wêreld woon, julle wat op die aarde woon, julle sal sien wanneer iemand op die berge 'n vlag in die lug hou, julle sal hoor wanneer iemand die ramshoring blaas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer ek op die berg die teken vir die oorlog gee, moet die mense van die wêreld kennis neem. Luister as ek die trompet blaas wat die begin van die oorlog aankondig,