Isaiah 18:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat boodskappers by die see uitstuur, ja, in kruike van biesies op die waters, om te sê: Gaan, julle vinnige boodskappers, na 'n nasie wat verstrooi en geskil is, na 'n volk wat vreeslik is van hulle begin af tot nou toe; 'n nasie uitgemeet en vertrap, wie se land die riviere verwoes het!
Afrikaans (NLV) 2011 Sy gesante seil in papirusbote oor die water. “Gaan huis toe, vinnige boodskappers! Neem ’n boodskap vir die land wat deur riviere verdeel word, na julle lang mense met die gladde vel wat wyd en syd gevrees word vir hulle aanvalle en verwoesting.”
Afrikaans 1933/1953 wat boodskappers stuur oor die groot water en in skuite van biesies oor die waters! Gaan weg, vinnige boodskappers, na die hoog uitgegroeide nasie met die blink vel, na die wyd en syd gevreesde volk, die nasie gewoond om te gebied en te vertrap, wie se land deur riviere deursny word.
Afrikaans 1983 Hy stuur gesante oorsee, hy stuur hulle in papirusbote oor die water. Gaan terug, gesante wat so haastig is, gaan terug na julle lang mense toe, hulle met die blink velle, julle volk wat wyd en syd gevrees word, wat gewoond is om alles met mag plat te trap, en wie se land deur riviere deursny word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) wat gesante stuur oor die see, in papirusbootjies oor die watervlak! Gaan, vinnige boodskappers, na 'n nasie wat lank en glansend is, 'n volk wat wyd en syd gevrees word, 'n sterk en seëvierende nasie, wie se land verdeel word deur riviere!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Kus het mense na Jerusalem gestuur, hulle het oor die water gekom in papirus-bote. Maar hierdie mense wat so vinnig gekom het, moet teruggaan na hulle eie volk toe, na die lang mense met die blink velle, die mense vir wie almal bang is, die mense wat sterk is en wat maklik ander mense aanval. Baie riviere vloei deur daardie mense se land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle stuur ambassadeurs met die Nyl in hulle papirusbote. Maar hulle word teruggestuur met die boodskap: Gaan terug na julle eie land toe, die land wat deur riviere deurkruis word. Vat hierdie boodskap vir julle lang mense met die blink vel wat wyd en syd gevrees word omdat hulle so sterk is dat hulle enige volk kan platloop.