Isaiah 17:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In dié dag sal sy sterk stede wees soos 'n verlate tak en 'n boonste takkie wat hulle verlaat het ter wille van die kinders van Israel, en dit sal 'n wildernis wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Daardie dag sal Israel se toevlugstede verlate wees, verlate soos die boswêreld wat die inwoners destyds laat vaar het toe die Israeliete die land lank terug binnegeval het.
Afrikaans 1933/1953 In die dag sal die stede wat sy toevlug was, wees soos die bouvalle van die bos en van die bergtop wat verlaat is vanweë die kinders van Israel, en dit sal 'n wildernis wees.
Afrikaans 1983 Daardie dag sal Israel se vestingstede verlate lê, so verlate soos die boswêreld waaruit die inwoners destyds vir die Israeliete gevlug het. Die stede sal sonder inwoner wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op daardie dag sal Israel se sterk stede wees soos dié wat verlaat is deur die Hetiete en Amoriete, wat hulle verlaat het vanweë die Israeliete. 'n Woesteny sal dit word,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daardie dag sal die stede wat sterk mure het, leeg wees, so leeg soos die bos toe die ander volke vir die Israeliete gevlug het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In daardie tyd sal Israel se versterkte stede verlate lê, toegegroei onder die bossies, net soos die stede van die Hewiete en die Amoriete toe hulle destyds uit vrees vir die Israeliete uit hulle stede gevlug het.