Isaiah 17:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy mag nie na die altare kyk nie, die werk van sy hande, en nie ag gee op wat sy vingers gemaak het nie, die heilige boomstamme of die beelde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal nie meer hulle afgode om hulp vra of dit aanbid wat hulle met hulle eie hande gemaak het nie. Hulle sal nooit weer kniel voor hulle Asjerabeelde of wierook brand op die altare wat hulle gemaak het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hy sal nie kyk na die altare nie, die werk van sy hande; en wat sy vingers gemaak het, sal hy nie aansien nie: die heilige boomstamme en die sonpilare. |
| Afrikaans 1983 | Hy sal nie meer sy hoop vestig op die altare, die werk van sy eie hande nie. Hy sal nie hulp verwag van die gewyde pale en die wierookaltare wat hy self gemaak het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sal nie opkyk na die altare, na die werk van hulle hande nie; en wat hulle vingers gemaak het, daarna sal hulle nie kyk nie – die asjeras en die wierookaltare. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle sal nie glo dat die altare van die afgode hulle kan help nie, of die gewyde pale of die wierook-altare nie. Dit is altare wat hulle self gemaak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal hulle nie meer op die altare en die afgode wat hulle self gemaak het, vertrou nie. Hulle sal nie meer die beelde van Asjera aanbid en wierook op hulle altare vir die gode brand nie. |