Isaiah 17:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar daar sal afoesdruiwe daarin oorbly, soos die skud van 'n olyfboom, twee of drie bessies bo-op die boonste tak, vier of vyf aan die uiterste vrugbare takke daarvan, spreek die HERE, die God van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Min van sy mense sal oorbly, soos die olywe wat in die boonste takke van die boom agterbly ná die oes. Slegs twee of drie bly in die hoogste takke agter, vier of vyf op die punte van die takke.” So sê die Here, die God van Israel.
Afrikaans 1933/1953 Maar 'n na-oes sal daarin oorbly soos by die afslaan van die olywe: twee, drie vruggies bo in die top; vier, vyf in die takke van die vrugteboom, spreek die HERE, die God van Israel.
Afrikaans 1983 As dan nog iets agterbly om te oes, sal dit wees soos nadat olywe afgeslaan is: twee of drie rypes aan die punt van 'n tak, vier of vyf aan die takkies wat gedra het, sê die Here die God van Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar sal by Jakob oesreste oorbly. Soos met die afslaan van olywe sal twee of drie ryp olywe aan die bopunt van 'n tak wees, vier of vyf aan die lote van 'n boom wat dra,” is die uitspraak van die Here, die God van Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar daar sal 'n paar van die mense van Israel oorbly. Dit sal wees soos wanneer 'n boer die olywe van 'n olyfboom afgeslaan het, en net 'n paar olywe bly oor aan die boonste takkies. Dit sê die Here, die God van Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar sal net ’n paar mense in die land oorbly, net soos daar altyd ’n paar verlore olywe oorbly nadat ’n mens die rypes afgeslaan het. Dalk twee of drie aan die heel boonste toppe of vier of vyf aan ’n ander tak, sê die Here die God van Israel.