Isaiah 17:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit sal wees soos wanneer die oesman die koring bymekaarmaak en die are met sy arm afsny; en dit sal wees soos hy wat ore bymekaarmaak in die dal Refaim.
Afrikaans (NLV) 2011 Israel sal so verlate wees soos die graanvelde in die Refaïmvallei ná die oes af is.
Afrikaans 1933/1953 En dit sal wees soos wanneer die maaier die ongesnyde graan bymekaarvat en sy arm die are afmaai; ja, dit sal wees soos wanneer iemand are optel in die dal Refaim.
Afrikaans 1983 Dit sal wees soos wanneer iemand wat oes, die graanhalms bymekaargevat en die are afgesny het. Dit sal wees soos wanneer iemand ook die are wat geval het, opgetel het in Spooklaagte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit sal wees soos wanneer iemand met die oes graanhalms insamel, en soos wanneer iemand koringare in sy arm bymekaarmaak. Dit sal wees soos wanneer iemand are optel in die vallei van Refaïm:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal wees soos wanneer iemand in Spook-laagte die koring-are bymekaarvat en afsny en dan al die koring-are bymekaarmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Israel sal so verlate en kaal gestroop wees soos ’n land in die Refaimvallei wat klaar geoes is en waarvan selfs die laaste koringare wat in die land agtergebly het, opgetel is.