Isaiah 17:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die vesting sal ophou by Efraim en die koninkryk van Damaskus en die oorblyfsel van Aram; hulle sal wees soos die heerlikheid van die kinders van Israel, spreek die HERE van die leërskare.
Afrikaans (NLV) 2011 Die versterkte stede van Israel sal vernietig word, en die mag van Damaskus sal tot ’n einde kom. Dié wat oorbly van Aram, sal min mag hê soos die Israeliete,” sê die Here, die Almagtige.
Afrikaans 1933/1953 En die vesting sal verdwyn uit Efraim, en die koningskap uit Damaskus; en met die oorblyfsel van Aram sal dit gaan soos met die heerlikheid van die kinders van Israel, spreek die HERE van die leërskare.
Afrikaans 1983 Vestingstede sal verdwyn uit Efraim, koninklike mag uit Damaskus. Wat van die Arameërs oorbly, sal so min mag hê soos die Israeliete, sê die Here die Almagtige.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Versterkte stede sal uit Efraim verdwyn, ook die koningskap uit Damaskus. Met wat van Aram oorbly, sal dit wees soos met die luister van die Israeliete.” Dit is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar sal nie stede met sterk mure in Efraim wees, soos voorheen nie, en Damaskus sal nie meer 'n koning hê nie. Dit sal met die mense wat nog lewe in Damaskus, gaan soos met die mense van Israel. Dit sê die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Israel sal magteloos wees en Damaskus sal sy onafhanklikheid verloor. Die klompie Siriërs wat oorbly, sal net so hulpeloos wees soos die noordelike stamme wat nou in Israel woon, sê die Here die Almagtige.