Isaiah 17:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En kyk, in die aandgety benoudheid; en voor die môre is hy nie. Dit is die deel van die wat ons plunder, en die lot van die wat ons beroof. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die aand nog wag Israel in angs, maar teen sonsopkoms is hulle vyande vernietig. Dit is die verdiende loon van die vyand wat ons beroof. Dit is die lot van dié wat ons besittings plunder. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die aand -- daar is verskrikking! Voordat dit môre word, is hulle nie meer nie. Dit is die deel van hulle wat ons plunder, en die lot van hulle wat ons beroof. |
| Afrikaans 1983 | Die aand nog saai die nasies verskrikking maar voor dit môre is, is hulle weg. Dit is wat sal gebeur met dié wat nou ons land stroop, dit is die bestemming van dié wat ons besittings plunder. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Teen die aand – kyk, daar is skielik verskrikking! Voor die oggend is dit nie meer daar nie! Dit is die deel van ons plunderaars, die lot van hulle wat ons beroof. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In die aand is almal nog bang vir die volke, maar voordat dit oggend is, is hulle weg. Dit is wat sal gebeur met die mense wat nou ons goed vat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In die aand is hulle nog ’n bedreiging wat Israel paniekbevange laat wegkruip, maar teen dagbreek is daar niks of niemand van hulle oor nie. Dit is die beloning van dié wat die besittings van die volk van die Here plunder en vernietig. |